Soorte resepte:

Resep: Framboos-en-sjokoladerolletjies met sjokoladesous

Framboos-en-sjokoladerolletjies met sjokoladesous . (Foto: Lapa Uitgewers)

Jou gesin sal hierdie sjokoladerolletjies terdeë geniet.

Lewer 6 porsies.

Bestanddele

Rolletjies

  • 12 Chinese rolletjie-velletjies (spring roll wrappers)
  • 150 g wit sjokolade, in klein stukkies gebreek
  • 100 g frambose
  • 1 eier, geklits
  • olie om in te braai

Sjokoladesous

  • 100 g donkersjokolade, in stukkies gebreek
  • ½ k (125 ml) Clover-room
  • 1 e (15 ml) bruinsuiker
  • ¼ t (1 ml) vanieljegeursel

Metode

Rolletjies       

  1. Plaas een rolletjie-velletjie op ʼn bord sodat die een punt na jou toe wys. Hou die oorblywende velletjies onder ʼn klam vadoek.
  2. Skep ʼn paar stukkies sjokolade en ongeveer 20 ml van die frambose op die hoek naaste aan jou.
  3. Vou die hoek oor die vulsel en rol van hoek na hoek op terwyl die sykante na binne gevou word om die vulsel te bedek.
  4. Verf ʼn bietjie van die geklitste eier oor die boonste hoek om dit te verseël.
  5. Herhaal die proses met die oorblywende velletjies en vulsel.

Sjokoladesous

  1. Meng al die sousbestanddele in ʼn kastrol en verhit stadig oor lae hitte tot die sjokolade gesmelt is. Prut vir 2 tot 3 minute oor baie lae hitte tot dit ʼn bietjie afgekook en verdik het.
  2. Verhit die olie in ʼn diepbraaier en braai die rolletjies vir 2 tot 3 minute of tot goudbruin. Dreineer op kombuispapier en sit met die sjokoladesous voor.

Bron: Gunsteling poedings
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.