Resep: Kaasbrood met basiliekruid en songedroogde tamaties

Foto: Die Uitsonderlike Snowflake Verameling

Foto: Die Uitsonderlike Snowflake Verameling

Lewer 1 brood

Bestanddele:

  • 60 g botter of margarien
  • 1 middelslag ui, grofgekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngedruk
  • 40 g (sowat 12) songedroogde tamaties, grofgekap
  • 15 ml suiker
  • 4 x 250 ml (560 g) Snowflake-bruismeel
  • 5 ml sout
  • 2 ml paprika
  • 30 ml gekapte vars (of 10 ml droë) basiliekruid
  • 250 ml (100 g) gerasperde cheddarkaas
  • 3 ekstragroot eiers
  • 250 ml melk
  • 60 ml kookolie

Metode:

  1. Verhit botter in ʼn klein swaarboompan. Voeg ui en knoffel by en soteer ʼn paar minute tot sag. Verwyder van hitte en skep uit in ʼn groot bak. Voeg songedroogde tamaties en suiker by.
  2. Sif meel, sout en paprika saam. Voeg basiliekruid en kaas by.
  3. Voeg uiemengsel by meelmengsel en meng goed.
  4. Klits eiers, melk en olie saam. Voeg by en meng goed. Voeg nog melk by indien nodig.
  5. Skep mengsel in ʼn gesmeerde 22,5 cm-broodpan en bak 50-60 minute in ʼn voorverhitte oond teen 180 °C. Laat ʼn paar minute in die pan staan en keer dan op ʼn draadrak uit om af te koel.

Bron: Die Uitsonderlike Snowflake Verameling
Uitgewer: Random House Struik

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae