Kom ons stroop alles af wat ons spoed kan vertraag, veral die sonde wat so maklik ’n houvas op ’n mens kry. Kom ons hardloop met volharding op die baan wat voor ons uitgestrek lê, ons oë vasgenael op Jesus, die Voorganger en Voleinder van ons geloofswedloop. (Hebreërs 12:1-2, NLV)
Lees meerAlles vir Woensdag 4 November 2015
Ongewone verloofring maak wyd opslae
ʼn Amerikaanse vrou se ongewone verloofring wat sy Maandag op sosiale media gewys het, het sedertdien wyd opslae gemaak en internasionaal die media se aandag getrek.
R14 miljoen bewillig om kleinskaal-boere te help
Volgens die departement is die vyf provinsies wat die ergste onder die droogte gebuk gaan die Vrystaat, Limpopo, Mpumalanga, Noordwes en KwaZulu-Natal. Tot op hede is slegs die Noordwes en die Vrystaat as rampgebiede verklaar.
Boek: Die losprys
In Die losprys word Shannon Bliss op die ouderdom van sestien ontvoer. Ná elf jaar het sy ontsnap en wil met haar familie herenig word, maar dit is nie so eenvoudig nie …
Nzimande ontken hy het gratis-onderrigverslag weerhou
Blade Nzimande, minister van hoër onderwys en opleiding, het Woensdag ontken dat hy ʼn verslag oor gratis onderwys wat in 2012 aan hom gegee is, weerhou het.
Klagtes kom teen #ReformPUK-leier oor beweerde rassistiese uitlatings
AfriForum Jeug sal verskeie klagtes by onder meer die Menseregtekommissie (MRK) teen die leier van #ReformPUK indien nadat hy glo rassistiese uitlatings teenoor witmense op sy Facebook-profiel gemaak het.
Nqakula-moord: Beskuldigde glo met skisofrenie gediagnoseer
Carlos Higuera, die man wat daarvan beskuldig word dat hy Chumani Nqakula, die seun van Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging en militêre veterane, vermoor het, is glo ʼn paar jaar gelede met skisofrenie gediagnoseer.
ToekomsVenster: ‘n Oorvloed van vergifnis en voor begin
Hierdie baie bekende gelykenis vertel vir ons op ‘n besonderse manier iets van God se oorvloedige genade en liefde.
Ma se pleidooi ná seun se liggaam langs Pta-snelweg gevind word
ʼn Gebroke ma soek antwoorde nadat Johan van Aswegen (32), van Alberton aan die Oos-Rand, se liggaam onder raaiselagtige omstandighede langs ʼn snelweg in Pretoria opgespoor is.
China en Taiwan soek toenadering
Die eerste amptelike ontmoeting tussen China en Taiwan vind Saterdag plaas, die eerste keer sedert 1949.
Tiener bou reuse gemmerkoekhuis vir liefdadigheid
ʼn Tienermeisie van Bloemfontein het ʼn unieke veldtog van stapel gestuur om fondse in te samel vir ʼn liefdadigheidsprojek ten bate van kinders. Sy het professionele argitekte en sjefs gevra om haar te help om die grootste gemmerkoekhuisie in die Vrystaat te bou.
Halloween-asteroïde doen sy naam gestand
Die asteroïde wat op 31 Oktober op ongeveer die afstand van die maan by die aarde verbygevlieg het, is waarskynlik ’n komeet wat uitgewerk is.
[Video] Jong buikspreker laat gehoor skater van die lag
Macey het aanvanklik bekendheid verwerf met haar ongelooflike kennis van Amerikaanse politiek, maar hierdie keer het sy haar nuwe “talent” vir Ellen gaan wys.
Jhb-man se lyk in huis ontdek; tuinier vermis
Die polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat die liggaam van ʼn 60-jarige man Dinsdagoggend deur een van sy werknemers in sy huis in Bedfordview aangetref is.
Vrou vas vir stappie in polisie-uniform
Die polisie het Dinsdag ʼn 28-jarige vrou in Durban in hegtenis geneem toe sy doodluiters in ʼn straat afgestap het met ʼn polisie-uniform aan.
Vrou vas wat glo omkoopgeld aanvaar vir bestuurslisensies
ʼn Beampte by ʼn bestuurstoetssentrum in Kaapstad is in hegtenis geneem nadat sy glo omkoopgeld aanvaar het om bestuurslisensies aan aansoekers uit te reik.
Gedig: Tuinmaak
Sommer ‘n lekker lawwe gedig in die mooiste Kaapse Afrikaans deur Marius Titus.
SA sanger in Bali gestrand
ʼn Bekende Afrikaanse sanger is in Bali gestrand nadat Indonesië Woensdag die internasionale lughawe op dié eiland gesluit het toe die vulkaan op Berg Barujari uitgebars het.
Slide the City dié somer in Suid-Afrika
As die gedagte aan ʼn ellelange waterwurm en enorme swembad jou opgewonde maak, moet jy nie Slide the City misloop nie.
Familie getraumatiseerd ná kapers met gestremde kleuter wegjaag
Engelbrecht het voor die gastehuis stilgehou toe drie mans uit die bosse gekom en haar beveel het om uit die motor te klim. Hulle was met ʼn skêr gewapen.