Soorte resepte:

Resep: Mielie-en-bierbroodjie

Mielie-en-bierbroodjie (Foto: Byt & Buskruit)

Byt & Buskruit is terug met ʼn tweede seisoen: Kom kyk gratis saam! Loer solank na hierdie lekker resep uit die sesde episode van reeks 2.

Bestanddele

  • 500 g bruismeel
  • 5 ml sout
  • 250 g gerasperde Cheddarkaas
  • 1 blikkie heelpitmielies
  • 280 g pikante soetrissies
  • 1 blikkie (340 ml) bier

Metode

  1. Meng die meel, sout en kaas, mielies en soetrissies saam in ’n mengbak.
  2. Gooi die hele blikkie bier by en meng goed.
  3. Giet die mengsel in ’n gesmeerde broodpan.
  4. Bak in ’n warm oond by 180 °C vir 45 minute.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Ellie ·

Klink rerig na ‘n maklike resep. Net een vragie… Is daar ‘n plaasvervanger vir die bier asb?

Janie Monsieur ·

Dagsê Ellie
Dankie vir jou navraag. Jy kan alkohol-vrye bier gebruik of jy kan dit selfs met ‘n blikkie Sprite vervang.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

Juls ·

ek makk hom net so maar met 500ml karringmelk ipv bier, heerlik!

Gemaskerde Sopbeen ·

Gaan probeer. Sal maar net moet wag tot ons weer bier kan koop. Dalk moet ek die agbare lede nader met versoek dat ek bier vir my broodjie kan koop. :-)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.