Soorte resepte:

Resep: Mieliemuffins

Mieliemuffins (Foto: Lapa-uitgewers)

Dié muffins kan selfs saam strand toe geneem word as jy al met vakansie is!
Lewer 10 tot 12 muffins

Bestanddele

  • 2½ k (625 ml) polenta
  • 1 k (250 ml) Clover-cheddarkaas
  • 1 k (250 ml) Clover- beleë cheddarkaas
  • ¾ k (180 ml) bruismeel
  • 4 t (20 ml) strooisuiker
  • ½ t (3 ml) rooipeper
  • 1 t (5 ml) sout
  • 1 t (5 ml) varsgemaalde swartpeper
  • 1 k (250 ml) mieliepitte, ontvries en gedreineer
  • 5 sprietuie, dun gesny
  • 2 e (30 ml) pietersielie, fyngekap
  • 3 eiers
  • 2½ k (625 ml) Clover Amasi
  • ¾ k (187,5 ml) Clover Mooirivier-botter, gesmelt, en ekstra vir smeer

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n 12-holte-muffinpan met gesmelte botter.
  2. Meng die polenta, cheddarkase, meel, suiker, rooipeper, sout en peper in ’n mengbak.
  3. Voeg die mielies, sprietuie en pietersielie by en meng goed.
  4. Klits die eiers, Amasi en botter liggies saam in ’n aparte bak.
  5. Maak ’n holte in die middel van die polentamengsel en voeg die nat bestanddele by. Roer tot net-net gemeng. Skep die mengsel uit in die voorbereide muffinholtes.
  6. Bak vir 20 tot 25 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom. Dien warm met ekstra botter op.

Bron: Teepartytjie

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.