Soorte resepte:

Resep: Sitrus-malvapoeding

Sitrus-malvapoeding. (Foto: Lapa Uitgewers)

ʼn Warm poeding sorg vir warm harte.

Lewer 8 porsies.

Bestanddele

Beslag

  • 250 ml koekmeelblom
  • 5 ml bakpoeier
  • 50 g botter, kamertemperatuur
  • 60 ml suiker
  • 1 eier
  • 25 ml appelkooskonfyt
  • 10 ml gerasperde suurlemoenskil
  • 80 ml suurlemoensap
  • 2,5 ml koeksoda
  • 125 ml vetvrye melk

Sous

  • 50 ml suiker
  • 50 ml Sugalite (opsioneel – vir ‘n soeter sous)
  • 200 ml laevet- ingedampte melk
  • 5 ml gerasperde suurlemoenskil, as versiersel

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer 8 bakkies.
  2. Sif die droë bestanddele saam. Klop die botter, voeg die suiker geleidelik by en klop tot lig en romerig. Voeg die eier by die bottermengsel en meng goed. Voeg die appelkooskonfyt, suurlemoenskil en -sap by.
  3. Los die koeksoda in die melk op. Voeg die melk en droë bestanddele om die beurt by die bottermengsel. Klits tot net gemeng. Verdeel die beslag in 60 ml per bakkie. Bak 15-20 minute tot goudbruin. Laat effens afkoel.
  4. Bring die sousbestanddele (behalwe die suurlemoenskil) tot kookpunt en verdeel tussen die 8 bakkies. Versier met suurlemoenskil en sit voor met 15 ml vla.

Bron: Diabetes-vriendelike poedings en gebak
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Karoo ·

Julle… pudding is mos ‘n “bonus” so dan gebruik jy nie “lae vet die en lae vet daai” nie. Die appelkoos konfyt sal ek met tuisgemaakte sitrus marmelade vervang. Anders vir die “lae vet die en daai” … klink dit heel lekker.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.