Soorte resepte:

Resep: Stroperige appelpoeding

Stroperige appelpoeding (Foto: Lapa-uitgewers)

Appel, kaneel, gemmer … wat meer soek jy in ʼn winterpoeding?
Lewer 6 porsies

Bestanddele

STROOP

  • 2-3 ferm Royal Gala-appels, geskil, ontkern en gekap
  • 100 ml water
  • 100 g bruinsuiker
  • 50 g gouestroop

POEDING

  • 1 Granny Smith-appel, geskil en ontkern
  • ʼn skeut suurlemoensap
  • 175 g bruismeel
  • 5 ml koeksoda
  • 10 ml fyn kaneel
  • 5 ml fyn gemmer
  • 1 groot eier

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ʼn oondvaste poedingbak of -vorm van 1,3 liter.

STROOP

  1. Meng die Royal Gala-appels en water in ʼn kastrol en verhit tot kookpunt. Bedek die kastrol en laat dit vir 5 minute liggies kook tot die appels baie sag is.
  2. Maak die appels met die aartappeldrukker fyn en voeg dan die suiker en stroop by. Verhit die mengsel weer, verwyder van die hitte en laat dit afkoel.
  3. Skep 30 ml stroop in die bodem van die voorbereide poedingbak of -vorm.
  4. Sny die helfte van die Granny Smith-appel in skyfies en kap die res.
  5. Meng die appel met die suurlemoensap en rangskik die appelskyfies in die stroop op die bodem van die poedingbak of -vorm.

POEDING

  1. Sif die meel, koeksoda, kaneel, gemmer en sout saam in ʼn mengbak.
  2. Meng die geklitste eier deur die fyn appel en voeg die res van die gekapte appel by.
  3. Skep die appelmengsel by die droë bestanddele en roer goed totdat dit glad is. Dit sal effens rys terwyl jy dit meng.
  4. Giet die beslag in die voorbereide poedingbak of -vorm, maak die oppervlak gelyk en bak vir 40-45 minute of tot gerys en ʼn toetspen skoon uit die middel kom.
  5. Bedek met foelie indien die poeding te vinnig verbruin.
  6. Verwyder dit uit die oond, laat vir ʼn paar minute staan en keer dit op ʼn bord uit en sit voor.

 

Bron: Lekker & vinnig: Vrugte

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.