Soorte resepte:

Resep-video: Bosbessiebrood

Bosbessiebrood. (Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

Dié heerlike, gesonde brood kan jy in ʼn oogwink aanmekaar slaan en is perfek vir ontbyt.

Bestanddele

  • 1 k gedroogde bosbessies
  • 1 k kookwater
  • 1 eier
  • ½ k bruinsuiker
  • 1 k volgraanmeel
  • 1 t bakpoeier
  • ½ t koeksoda
  • 1 k semels
  • 1 t vanieljegeursel
  • ½ k gemengde neute, opgekap (jy kan ook sade gebruik)

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C en spuit ʼn broodpan met kleefwerende kossproei.
  2. Gooi die bosbessies in die kookwater en plaas dit eenkant vir sowat vyf minute sodat dit kan sag word.
  3. Klits die suiker en die eier goed saam tot lig en romerig.
  4. Gooi ½ koppie meel asook die bakpoeier en die koeksoda by en klits weer goed.
  5. Gooi die bosbessie-mengsel by asook die res van die meel, semels en vanieljegeursel by en meng weer goed.
  6. Gooi die opgekapte neute in en meng.
  7. Gooi die beslag in die voorbereide broodpan en bak vir sowat 40-45 minute of tot gaar.
  8. Laat dit goed afkoel op ʼn afkoelrak voordat jy dit sny.

Al die Maroela-produkte wat jy in dié video sien, is in ons aanlyn winkel, Die Koöperasie, beskikbaar. Klik hier om dié mooi produkte te koop en jou kombuis in ʼn plaaskombuis te omskep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.