Soorte resepte:

Resep-video: Marmite-muffins

Marmite-muffins (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Marmite en kaas is nie net vir toebroodjies bedoel nie! En kyk net hoe maklik!
Lewer 12 muffins

Bestanddele

  • 80 g (75 ml) botter
  • 160 g (200 ml) suiker
  • 1 eier
  • 200 g (375 ml) koekmeel
  • 2 e (10 g) bakpoeier
  • ½ t (2 ml) sout
  • 1 k (250 ml) melk

Sous

  • ½ k (125 ml) botter
  • 1 e (10 ml) Marmite

Metode

  1. Room botter en suiker saam. Voeg eier by en klop tot glad.
  2. Sif koekmeel, bakpoeier in. Voeg sout en melk by en roer.
  3. Skep in voorbereide muffinpan en bak vir 25 minute teen 190 °
  4. Smelt die sousbestanddele saam.
  5. Prik die muffins met ʼn sosatiestokkie terwyl dit warm is. Gooi die sous oor die muffins en maak rondom die kant los sodat dit kan intrek. Laat dit staan tot die meeste van die sous ingetrek is.
  6. Sprinkel kaas oor en mikrogolf tot kaas gesmelt het voor opdiening.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

PersHeks ·

Ek maak hierdie gereeld … vrek lekker en ‘n treffer as die huisgaste lus het om te peusel!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.