Soorte resepte:

Resep-video: Sjokoladepoeding

Sjokoladepoeding. (Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

Warm sjokoladepoeding was nog nooit so lekker nie!

Bestanddele

Vir die kors

  • 1 pakkie tennisbeskuitjies, gekrummel
  • 125 g botter, gesmelt

Vir die vulsel

  • 125 g botter, kamertemperatuur
  • 1 k suiker
  • 2 eiers
  • ¼ k kakaopoeier
  • ¼ k koekmeel
  • 1 t vanieljegeursel

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Spuit ʼn tertbak met kleefwerende kossproei.
  3. Meng die koekiekrummels en die gesmelte botter, en druk dit op die bodem van die voorbereide tertbak vas. Plaas dit eenkant.
  4. Klits die botter en suiker tot lig en romerig.
  5. Voeg die res van die bestanddele by en klits weer goed.
  6. Giet die beslag oor die tertkors en bak vir 25-30 minute.
  7. Sit warm voor saam met vla of roomys.

Al die Maroela-produkte wat jy in dié video sien, is in ons aanlyn winkel, Die Koöperasie, beskikbaar. Klik hier om dié mooi produkte te koop en jou kombuis in ʼn plaaskombuis te omskep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.