Soorte resepte:

Resep-video: Suurlemoenmeringuetert

Suurlemoenmeringuetert. (Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

Dit is verstommend hoe maklik en vinnig dit is om hierdie tert aanmekaar te slaan.

Bestanddele

  • 1 pakkie tennisbeskuitjies, fyngemaak
  • 80 ml botter, gesmelt
  • 1 blik kondensmelk
  • 125 ml suurlemoensap
  • 3 eiers, geskei
  • 125 ml strooisuiker
  • 5 ml witasyn
  • 15 ml mielieblom

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Meng die tennisbeskuitjiekrummels en botter en druk dit in ʼn tertbak vas om die kors te vorm.
  3. Klits die eierwit tot styf en gooi dan die strooisuiker geleidelik daarby terwyl jy dit klits.
  4. Gooi nou die asyn en mielieblom by die eierwitmengsel en klits dit weer goed tot romerig en plaas dit eenkant.
  5. Klits die eiergeel, suurlemoensap en kondensmelk saam in ʼn ander bak; jy kan sommer dieselfde klitsers gebruik as wat jy vir die eierwit gebruik het.
  6. Gooi die eiergeelmengsel bo-oor die tertkors.
  7. Skep die eierwitmengsel bo-oor die tert sodat die geel heeltemal bedek is.
  8. Bak dit vir 10 minute in die oond of tot die meringue ʼn ligbruin skynsel kry.
  9. Laat dit afkoel voor jy dit voorsit.

Al die Maroela-produkte wat jy in dié video sien, is in ons aanlyn winkel, Die Koöperasie, beskikbaar. Klik hier om dié mooi produkte te koop en jou kombuis in ’n plaaskombuis te omskep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Vonny ·

Botteltjies werk ook!

Gemaak vir vanaand se purring by die braai.
Awesome

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.