Soorte resepte:

Resep: Worsiemuffins

Worsiemuffins. (Foto: Lapa Uitgewers)

Vul daardie hol kolletjie met ʼn worsiemuffin.

Lewer 12 groot of 24 standaardgrootte muffins.

Bestanddele

  • 500 ml koekmeel
  • 15 ml bakpoeier
  • knypie sout
  • knypie rooipeper
  • 125 ml fyngerasperde Cheddarkaas
  • 5 ml fyngekapte vars pietersielie
  • 2,5 ml droë gemengde kruie
  • 4 gaar Weense worsies, grofgekap
  • 2 ekstragroot eiers
  • 75 ml olie
  • 312 ml melk

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Sif die meel, bakpoeier, sout en rooipeper saam.
  3. Roer die kaas, pietersielie, gemengde kruie en worsies by.
  4. Klits die eiers, olie en melk saam.
  5. Meng die melkmengsel en meelmengsel liggies saam.
  6. Skep die beslag in muffinpannetjies en bak vir 20 minute of tot gaar in middel.

Bron: Kosblikkos
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.