Soorte resepte:

Resep: ‘Jan Braai’ se chakalaka

‘Jan Braai’ se chakalaka. (Foto: verskaf)

Daar is ’n driemanskap – boerewors, krummelpap (poetoepap) en chakalaka – wat die hoeksteen van Suid-Afrika se kulturele en braai-erfenis is. Net soos om boerewors te braai en krummelpap te maak, is chakalaka ook nogal eenvoudig en baie smaaklik.

Genoeg vir 6 mense

Bestanddele

  • 3 sopies olyfolie
  • 3 uie (opgekap)
  • 3 knoffelhuisies (gekneus en opgekap)
  • 1 teelepel fyn gemmer (vars gerasper)
  • 2 vars brandrissies (opgekap)
  • 3 soetrissies (enige kombinasie van groen, geel of rooi, ontpit en opgekap)
  • 4 wortels (geskil en gerasper of opgekap)
  • 2 lourierblare
  • 1 sopie medium-sterkte kerriepoeier
  • 1 sopie paprika
  • 1 blikkie opgekapte tamaties
  • 1 pakkie (50 g) tamatiepasta
  • 1 blikkie sousboontjies
  • sout en peper (na smaak)
  • vars koljander (om mee te bedien)

Metode

  1. Verhit die olie in jou potjie en braai die uie tot deurskynend.
  2. Gooi die knoffel, gemmer, brandrissie, soetrissies, wortels en lourierblare by en roer saam met die uie rond.
  3. Gooi nou die kerriepoeier en paprika by en braai vir nog ’n minuut om die speserye te rooster, maar gaan aan na die volgende stap voordat dinge brand.
  4. Voeg nou die tamaties en tamatiepasta by en meng deeglik. Sit die deksel op en laat die potjie prut op medium‑ tot lae hitte vir 30 minute sodat die geure kan ontwikkel en die wortels en enige ander harde bestanddele kan sag kook.
  5. Gooi die bone by, meng deur en laat prut vir nog 10 minute.
  6. Proe en gooi sout en peper by as jy lus is.
  7. Bedien met vars koljander en saam met krummelpap en gebraaide boerewors.
  • Jan Braai vir Erfenis word weekliks op Saterdae om 19:00 op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Miena ·

mmm ek is mos lief vir n bietjie chakalaka op my kos, of enige sousigheid – verstaan jy?! Kos moenie droog wees nie. My gesin spot gereeld en vra wil ek nie bietjie kos saam die sous he nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.