Soorte resepte:

Resep: Lam-en-fetaburgers

Lam-en-fetaburgers. (Foto: Trooskos/Lapa Uitgewers)

Verander jou kombuis in die van ’n restaurant wanneer jy dié burger voorsit.

Genoeg vir 6.

Bestanddele

  • 500 g lamsmaalvleis
  • ½ koppie (95 g) Clover Herb-fetakaas, gekrummel
  • 1 eiergeel
  • 2 knoffelhuisies, gepers
  • 1 klein ui, geskil en gekap
  • 1 eetlepel ( I 5 ml) kruisement, gekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 1 eetlepel ( I 5 ml) olyfolie

Om voor te sit

  • bros broodrolletjies
  • tamatie- of braaisous
  • blaarslaai
  • tamatie
  • rooi-ui-skywe

Metode

  1. Meng al die bestanddele, behalwe die olie saam.
  2. Vorm die mengsel in 6 vleiskoekies en verkoel vir 30 minute. Verf die vleiskoekies met die olyfolie en braai 3 tot 4 minute aan ‘n kant tot gaar.
  3. Stel die burgers saam en gebruik broodjies, tamatie, blaarslaai, uieringe en sous soos verkies.

Bron: Trooskos
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.