Soorte resepte:

Resep: Mama Kariel se brejani

Mama Kariel se brejani (Foto: Lapa Uitgewers)

Probeer iets nuuts met hierdie heerlike brejani.

Lewer sowat 6-8 porsies

Bestanddele

  • 1½ kg skaapvleisporsies
  • 5 kaneelstokkies
  • 5 kardemompeule
  • 4 kruienaeltjies
  • 4 wonderpeperkorrels
  • 50 ml gerasperde gemmer
  • 35 ml fyngekapte knoffel
  • 40 ml fyn koljander
  • 2-3 brandrissies
  • 500 ml karringmelk
  • 60 ml kookolie
  • 40 g botter
  • 7 groot uie
  • 6 aartappels, geskil en in kwarte gesny
  • knippie saffraan
  • 1 kg basmatirys
  • 250 ml lensies
  • 3 gekookte eiers, in skyfies gesny

Metode

  1. Meng die speserye (nie die saffraan nie) en karringmelk in ʼn mengbak en marineer die vleis oornag daarin.
  2. Verhit die olie en botter in ʼn groot kastrol en braai die uie tot ligbruin.
  3. Voeg die gemarineerde vleis en karringmelk by die uie en kook tot die vleis halfgaar is.
  4. Voeg die aartappels by en kook tot die aartappels halfgaar is.
  5. Week die saffraan in ʼn bietjie warm water.
  6. Skep ʼn laag van die rys bo-op die vleis, gevolg deur ʼn laag lensies en ʼn paar skyfies ui. Herhaal die lae rys, lensies en ui.
  7. Giet die saffraanwater oor en stoom vir 5 minute oor hoë hitte.
  8. Verlaag die hitte en laat die brejani verder stoom tot gaar, maar nie droog nie.
  9. Versier met skyfies eier en bedien.

Bron: Kook saam Kaaps
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.