Soorte resepte:

Resep: Nachos

Nachos. (Foto: Lapa Uitgewers)

Vergeet van restaurante, maak sommer jou eie nachos by die huis!

Lewer 3-4 porsies.

Bestanddele

  • nachos
  • tamatiesalsa
  • guacamole
  • 1 houertjie roomkaas (250 g)

Hoenderstukkies

  • 1 e olyfolie
  • 3 hoenderborsies, in blokkies gesny
  • 2 t paprika
  • 2 e rou heuning
  • ½ t woestyn- of pienksout
  • 1 t gedroogde pietersielie
  • 100 g gerasperde cheddarkaas
  • 1 e olyfolie
  • 1 e amandelmeel

Afrondings

  • vars gekapte Italiaanse pietersielie of gedroogde pietersielie

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 200 °C.
  2. Maak die hoenderblokkies gaar, geur met paprika, heuning, sout en pietersielie sodra die vleis wit gebraai is, en sit eenkant vir latere gebruik.
  3. Spuit ʼn oondpan met kossproei.
  4. Rangskik die nachos in die oondpan, skep die hoenderblokkies oor, skep van die salsa op en sprinkel laastens die cheddar oor.
  5. Bedruip met olyfolie sodat die nachos bros kan bak.
  6. Sprinkel amandelmeel oor voordat dit in die oond geplaas word. Bak vir 5-10 min.
  7. Laat effens afkoel, skep guacamole en roomkaas oor met nog salsa na smaak, garneer met pietersielie en sit dadelik voor.

Bron: Karlien kan nie kook nie
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.