Tuisgemaakte karringmelkbeskuit soos jou ma dit destyds gemaak het.
Lewer ongeveer 90 stukke
Bestanddele
- 250 g margarien, opgesny
- 1,2 kg koekmeel
- 50 ml bakpoeier
- 10 ml kremetart
- 5 ml koeksoda
- 5 ml sout
- 625 ml karringmelk
- 200 g suiker
- 2 eiers
Metode
- Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer drie middelgroot broodpanne (± 26 cm) goed met margarien.
- Plaas die margarien, koekmeel, bakpoeier, kremetart, koeksoda, suiker en sout in ʼn mengbak en vryf met die vingerpunte tot krummelrig. Maak ʼn holte in die middel.
- Giet die karringmelk en eiers in die holte van die meelmengsel en meng tot ʼn matige stywe deeg. Voeg nog karringmelk by indien nodig.
- Knie die deeg liggies op ʼn meelbestrooide oppervlak vir 1-2 minute tot glad.
- Vorm die deeg in eiergrootte balletjies en pak styf teen mekaar in die gesmeerde panne.
- Bak ongeveer 40 minute lank tot liggoudbruin en deurgaar as met ʼn metaalpen getoets word.
- Laat die beskuit ongeveer 5 minute in die panne afkoel en keer uit op ʼn afkoelrak om heeltemal af te koel.
- Breek of sny die beskuit in stukke en droog oornag in ʼn koel oond uit (60-70 °C).
Bron: Lekker & Vinnig: Beskuit
Uitgewer: Lapa
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
4 Kommentare
Hoe droog ek beskuit as ek n gasoond het?
Yum! Iets om aan te smul so tussendeur.
Gaan defnitief self maak .Sal jul ophoogte hou met die resultate