Soorte resepte:

Resep: ‘Tiaan Proe’ se Sondagmaal

Hoender-aartappels. (Foto: verskaf)

Gebruik hierdie resepte om ʼn heerlike bord kookkos Sondag te bedien.

Hoender-aartappels

Bestanddele

  • 8 aartappels, geskil
  • 1 ℓ hoenderaftreksel
  • sout en peper na smaak
  • 250 g botter
  • 100 ml olie

Metode

  1. Sny die aartappels in kwarte en kook in die aftreksel tot net-net sag en laat afkoel.
  2. Verhit die botter en die olie, en braai die aartappels in die mengsel tot bros aan die buitekant. Hou eenkant.
  3. Die aartappels kan maklik weer verhit word.

Pampoenkoekies

Bestanddele

  • 1 k pampoen, gekook
  • 1 k koekmeel
  • 2 t bakpoeier
  • 1 eiers
  • 2 e suiker
  • ¼ k melk
  • ½ t kaneel
  • knippie sout

Pampoenkoekies. (Foto: verskaf)

Sous

  • 125 ml suiker
  • 50 g botter
  • 1 k room
  • sout na smaak

Metode

Pampoenkoekies

  1. Meng al die bestanddele saam om ’n beslag te vorm. Laat effens rus.
  2. Braai in vlak olie tot ligbruin en gaar.

Sous

  1. Laat die suiker in ’n pan smelt, voeg eers die botter by en dan die room, en maak ’n sous.
  2. Bedien saam met die koekies.
    ’n Knypie sout laat die soet beter deurkom.

Lamsboud in olie

Bestanddele

  • 1 ontbeende lamsboud
  • genoeg olie om dit te bedek
  • kruie van jou keuse soos roosmaryn en tiemie

Lamsboud in olie. (Foto: verskaf)

Metode

  1. Plaas die lamsboud in ’n groot pot, bedek met olie en die kruie en plaas in ’n voorverhitte oond van 80 ˚C oornag.

Malvapoeding-‘pops’

Bestanddele

Poeding

  • 30 ml botter, sag
  • 125 ml wit suiker
  • 1 ekstra groot eier
  • 15 ml appelkooskonfyt of gouestroop
  • 5 ml koeksoda
  • 125 ml melk
  • 250 ml koekmeel
  • knippie sout
  • 15 ml wit asyn

Sous

  • 125 g botter
  • 185 ml wit suiker
  • 250 ml melk
  • 5 ml vanielje

Malvapoeding-‘pops’. (Foto: verskaf)

Metode

  • Room die suiker en die botter saam, voeg die eier by en klits tot romerig.
  • Voeg nou die appelkooskonfyt by en meng goed.
  • Meng die koeksoda en die melk goed, voeg by die botter mengsel.
  • Sif die meel by en meng goed, voeg nou die asyn by en giet in mengbak wat gesmeer of gespuit is.
  • Bak in voorverhitte oond van 170 ˚C tot ligbruin en gaar. Ek het ʼn elektriese “cakepop”-masjien gebruik om die malvapoedingbeslag in te bak, wag totdat die masjien warm is, bespuit met kleefwerende kossproei.
  • Skep die een heel helfte van die “cake pop”-pan vol beslag en maak toe. Los om gaar te word. Wag totdat dat die malvapoedingballetjies mooi goudbruin en lig is.
  • Giet die sous oor die warm poeding sodra dit uit die oond kom.

Sous

  • Kombineer al die bestanddele en verhit in ’n pot tot alles gesmelt is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Miena ·

Dankie vir die lekker resepte – Maar MM ek dink julle het n tikfout begaan “Verhit die botter en die olie, en braai die aartappels in die mengsel tot bors aan die buitekant. Hou eenkant” Ek dink julle bors moet “Bros” lees dalk?!.

Janice du Plessis ·

Dagsê Miena

Dankie vir jou kommentaar.
Die resep is intussen gewysig.
Groetnis
Janice
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.