Soorte resepte:

Resep-video: Alles-in-een-bak se macaroni-en-kaasgereg

Alles-in-een-bak se macaroni-en-kaasgereg. (Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

Vermy die skottelgoed deur hierdie smaaklike alles-in-een-bak macaroni-en-kaasgereg te maak.

Jy kan die droëwors met gaar maalvleis, spek of selfs biltong vervang.

Bestanddele

  • 3 koppies kookwater
  • 3 koppies room
  • 50 g (1 pakkie) wit uie-soppoeier
  • 400 g Cheddarkaas, gerasper
  • 1½ koppie droëwors, in kleiner stukkies gekerf
  • 500 g rou macaroni
  • Grasuie, gesnipper vir garnering

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C en spuit ʼn oondbak met kleefwerende kossproei.
  2. Gooi die kookwater, room en wit uie-soppoeier in die oondbak en klits dit goed totdat die soppoeier opgelos het.
  3. Los ʼn bietjie kaas eenkant om bo-oor te strooi en gooi die res van die kaas, die droëwors en macaroni by die mengsel. Meng alles weer goed.
  4. Bedek die bak met foelie, plaas dit in die oond en bak vir 60 minute.
  5. Haal die bak uit die oond en roer die gereg deeglik. Strooi die res van die kaas bo-oor.
  6. Bak dit vir nog 10 minute sonder die foelie sodat die kaas bo-op kan smelt.
  7. Haal uit die oond uit en laat dit ʼn bietjie afkoel voordat jy dit met die grasuie garneer en voorsit saam met slaai.

Al die Maroela-produkte wat jy in dié video sien, is in ons aanlyn winkel, Die Koöperasie, beskikbaar. Klik hier om dié mooi produkte te koop en jou kombuis in ’n plaaskombuis te omskep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.