Soorte resepte:

Resep-video: Lemon Cream-nagereg

Lemon Cream-nagereg. (Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

Hierdie resep is so maklik en vinnig om te maak, dit is skoon moeilik om te glo dat dit terselfdertyd so lekker is.

Susan Lombaard, uitvoerende hoof van Maroela Media, het die resep aanbeveel en die gereg is definitief heel boaan ons lys van gunstelinge.

As suurlemoen nie na jou smaak is nie, werk die resep net so lekker saam met Romany Cream-koekies, dan gebruik mens sommer twee verskillende geure en pak dit deurmekaar in die bak, die koekies is vanself baie soet en ʼn  mens kan maklik die kondensmelk uitlos sodat dit nie so oorweldigend soet is nie.

Bestanddele

  • 2 pakkies Lemon Cream-koekies
  • ½ blik kondensmelk
  • 500 ml room
  • 1 suurlemoen se skil

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 120 °C.
  2. Pak die Lemon Cream-koekies in ʼn oondvaste bak, twee lagies op mekaar.
  3. Bedruip met die kondensmelk.
  4. Gooi die room bo-oor, dit moet al die kondensmelk bedek anders brand die suiker.
  5. Sprinkel van die suurlemoen se skil bo-oor.
  6. Bak sowat 30 minute in die oond of tot die poeding lekker taai en bruin gebak is.
  7. Bedien met vla of vanieljeroomys.

Al die Maroela-produkte wat jy in dié video sien, is in ons aanlyn winkel, Die Koöperasie, beskikbaar. Klik hier om dié mooi produkte te koop en jou kombuis in ʼn plaaskombuis te omskep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.