Soorte resepte:

Resep: Appel-en-vy-strudel

Appel-en-vy-strudel. (Foto: Lapa Uitgewers)

Geniet hierdie strudel saam met roomys of vla.

Lewer 6-8 porsies.

Bestanddele

  • 4 Granny Smith-appels, geskil, kerns verwyder en in skyfies gesny
  • 1 e (15 ml) suurlemoensap
  • ¼ k (45 g) sultanas
  • ½ k (95 g) gedroogde vye, gekap
  • 1 t (5 ml) fyn kaneel
  • ¼ k (80 g) ligte bruinsuiker
  • ½ k (30 g) vars witbroodkrummels
  • 5 velle fillodeeg
  • ½ k (80 g) Clover Mooi River-botter, gesmelt

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C en voer ʼn lang, reghoekige bakplaat met bakpapier uit.
  2. Plaas die appelskyfies in ʼn bak en sprinkel die suurlemoensap bo-oor om te voorkom dat dit verbruin. Voeg die sultanas, vye, kaneel, suiker en broodkrummels by en roer goed.
  3. Plaas een fillodeegvel op ʼn werksoppervlak en verf met gesmelte botter. Plaas die volgende fillodeegvel bo-op en verf met botter. Herhaal met die res van die deegvelle. Skep die vrugtemengsel op die een lang sy van die deegvelle, maar los ʼn 5 cm-strook aan albei die kort sye oop.
  4. Vou die kort sye in en rol dit soos ʼn rolkoek op. Verf van die gesmelte botter oor die strudel en bak vir 25 tot 30 minute of tot die deeg ligbruin en bros is. Laat vir 10 minute staan. Sif ʼn bietjie versiersuiker oor en sit met geklitste room voor.

Bron: Gunsteling poedings
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.