Soorte resepte:

Resep: Gebakte appel met vanieljeroom en kaneel

Gebakte appel met vanieljeroom en kaneel (Foto: Lapa-uitgewers)

“Hierdie resep kom van my hartsvriendin, Robyn McHarry. Nes ek, is sy ook verskriklik lief vir kos en om daarmee te eksperimenteer,” skryf Armand Aucamp in sy resepteboek Armand kook kaal 2.

Lewer 2 porsies

Bestanddele:

  • 2 appels (Granny Smith werk die beste)
  • 2 e botter
  • 2 e erythritol
  • kaneel
  • 125 ml volroom
  • 1 t vanieljegeursel
  • 50 g ongesoute, geroosterde of rou amandels, grof gekap

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Gebruik ʼn skerp messie of ʼn vrugteboor om die appelstronke te verwyder. Moenie dwarsdeur die appel sny of boor nie – die onderkant van die appel moet toe bly om te verhoed dat die sous onder uitloop.
  3. Plaas die appels in ʼn diep bakplaat. Druk 1 eetlepel botter in elk van die appels. Strooi 1 eetlepel erythritol en kaneel oor elke appel en bak vir 15 minute in die oond.
  4. Klop die room saam met die vanieljegeursel tot styf. Roer die gekapte amandels by en verkoel in die yskas tot jy dit bedien.
  5. Haal die appels uit die oond en laat vir 5 minute afkoel.
  6. Bedien die appels in ʼn nageregbord met ʼn lekker groot skeppie room. Drup die orige sous wat in die bakplaat agtergebly het oor die appels.

Bron: Armand kook kaal 2 deur Armand Aucamp

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.