Soorte resepte:

Resep: Romany-roomystert

Romany-roomystert (Foto: Lapa-uitgewers)

Prettig en maklik vir ʼn somerbraai of kinderpartytjie.
Lewer 6 porsies

Bestanddele

  • 200 g (1 pakkie) sjokoladebeskuitjies soos Romany Creams
  • 1 liter vanieljeroomys
  • 360 g (1 blik) karamelkondensmelk
  • gerasperde sjokolade

Metode

  1. Maak die koekies fyn en voer ʼn gesmeerde tertbak daarmee uit.
  2. Laat die roomys ʼn bietjie sagter word en smeer dit oor die koekies.
  3. Bevries weer tot die roomys hard is.
  4. Smeer die karamelkondensmelk bo-oor die roomys, strooi sjokolade oor en bevries weer.

Wenk: Die smaak van die tert word bepaal deur die geur van die koekies en die sjokolade. Gebruik  as afwisseling byvoorbeeld karamelkoekies met karamel- of pepermentsjokolade.

Bron: Eet saam deur GKSA in Vinnig en Maklik: Blikkies en pakkies

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.