Soorte resepte:

Resep: Sitrusgegeurde sagopoeding

Foto ter illustrasie. (argieffoto)

Kikker jou nageregspyskaart met dié unieke sagopoeding op.

Bestanddele

  • 125 ml volroommelk, om die sago in te week voordat dit gekook word
  • 50 ml sago
  • 375 ml volroommelk
  • 2 groot eiers
  • 1 t vanieljegeursel
  • 80 ml witsuiker
  • 50 ml vars uitgedrukte lemoensap
  • botter om ramekins mee te smeer

Metode

  1. Voorverhit oond tot 160 ˚C.
  2. Meng die sago met ’n halwe koppie melk in ’n bak wat mikrogolfoondbestand is.
  3. Gebruik die vinnige weektegniek deur die sago en die melk vir 1 minuut in die mikrogolfoond te laat kook.
  4. Klits die eiers, vanieljegeursel, suiker en lemoensap in ’n aparte bak.
  5. Bring die 375 ml melk tot kookpunt in ’n pot. Sodra die melk begin kook, voeg die geweekte sago by en roer goed.
  6. Klits dan die eier-en-suikermengsel by. Roer aanhoudend om klonte te voorkom.
  7. Laat die sagopoedingmengsel vir sowat 10 minute op die stoof prut. Plaas die sagomengsel in gesmeerde ramekins.
  8. Plaas die ramekins op ’n bakplaat met ’n bietjie diepte. Gooi water rondom die ramekins op die bakplaat en plaas in die oond.
  9. Bak vir 30 – 40 minute of tot goudbruin.
  10. Sit voor met ʼn bietjie vla.

Bron: https://www.rediscoverdairy.co.za/recipe/wprm-citrus-baked-sago-pudding/

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Petro ·

Ek is mal oor sagopoeding. Gaan beslis hierdie resep probeer

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.