Soorte resepte:

Resep: Veerligte diamantkrispies

Veerligte diamantkrispies. (Foto: Lapa Uitgewers)

Bederf jouself met dié soethappie.

Lewer sowat 32 porsies.

Bestanddele

  • 200 g malvalekkers
  • 385 g (1 blik) kondensmelk
  • 30 ml botter
  • 5 x 250 ml pofrysvlokkies (Rice Krispies)
  • 50 g donkersjokolade, gesmelt

Metode

  1. Smelt die malvalekkers, kondensmelk en botter saam oor lae hitte en roer aanhoudend. Roer die pofrys baie goed deur.
  2. Voer ‘n bakplaat van 16 x 25 x 3 cm met kleefplastiek uit en smeer liggies met botter. Druk die mengsel eweredig daarin vas en laat dit in die yskas stol.
  3. Sny dit in diamantvorms en plaas dit op ‘n afkoelrakkie. Drup of spuit gesmelte sjokolade daaroor.

Bron: Blikkies & pakkies
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.