Soeter as soet!
Lewer 12 stukke
Bestanddele
- 2 velle skilferkorsdeeg (puff pastry)
- 12 malvalekkers
- 4 e sjokoladesmeer
- 50 g botter, gesmelt
Metode
- Rol die skilferkorsdeegvelle effens uit.
- Smeer een van die rolle met sjokoladesmeer en pak malvalekkers daarop sodat elke blok ʼn malvalekker sal kry wanneer jy dit sny.
- Vou die tweede vel skilferkorsdeeg oor en seël die rande met ʼn vurk. Plaas die braaipaai op ʼn toeknyprooster.
- Verf botter oor en braai oor lae hitte. Draai gereeld om. Die braaipaai is gereed wanneer die deeg na wense gaar is en die malvalekkers gepof het.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
2 Kommentare
Gaan dit beslis die naweek vir die kinders en my groot kind (my man) doen.
Nou praat julle!