Soorte resepte:

Resep-video: Grenadella-yskastert

Grenadella-yskastert (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Hierdie resep is ʼn droom omdat jy geen afmetings hoef te doen nie. Een pakkie hiervan, een blikkie daarvan, meng saam, en siedaar – ʼn heerlik, maklike yskastert!

Lewer sowat 9 porsies

Bestanddele

  • 1 pak (200g) Tennisbeskuitjies
  • 1 pak (80 g) suurlemoenjellie
  • 1 k (250 ml) kookwater
  • 1 blik (397 g) kondensmelk
  • 2 houertjies (220 g) grenadellapulp

Metode

  1. Pak koekies onder in tertbak om kors te vorm.
  2. Meng die jellie en kookwater tot opgelos en laat effens afkoel.
  3. Roer die kondensmelk en grenadellapulp by die afgekoelde jellie. Skep die helfte van die mengsel op die koekies en maak glad.
  4. Pak nog ʼn laag koekies en skep die ander helfte vulsel op. (Opsioneel: Versier met ekstra grenedellapulp bo-op.)
  5. Laat stol vir ten minste 2 uur in die yskas voor opdiening.

Resep: Janie Monsieur

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Faraway ·

Ek wag vir die dag dat tennisbeskuitjies perfek in n tertbak kan pas!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.