Soorte resepte:

Resep-video: Kaneelvlinders

Kaneelvlinders. (Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

Alhoewel mens dit soms geniet om ure in die kombuis hard aan’t bak te wees, is dit lekker om nou en dan koekies te bak wat nie so tydrowend is nie. Hierdie kaneelvlinders is die perfekte resep hiervoor.

Bestanddele

  • 1 vel gekoopte skilferkorsdeeg, ontvries
  • 4 e botter, gesmelt
  • 4 e suiker
  • 1 t kaneel

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C en spuit ʼn bakplaat met kleefwerende kossproei.
  2. Rol die skilferkorsdeeg oop op ʼn plat oppervlakte.
  3. Smeer die deeg met ʼn laag gesmelte botter.
  4. Meng die suiker en die kaneel goed in ʼn bak en sprinkel dit dan oor die vel deeg.
  5. Rol die deeg in die lengte tot in die middel op. Doen dieselfde met die ander helfte.
  6. Plak albei rolle goed aanmekaar vas deur met ʼn bietjie water die deeg effens nat te maak.
  7. Sny die deeg in sowat halwe sentimeter breë stukke en pak dit op die bakplaat, los spasie tussen die vlinders sodat dit in die oond kan rys.
  8. Bak dit in die oond vir sowat 20 minute of tot goudbruin.
  9. Laat dit goed afkoel voordat jy dit van die bakplaat verwyder.

Al die Maroela-produkte wat jy in dié video sien, is in ons aanlyn winkel, Die Koöperasie, beskikbaar. Klik hier om dié mooi produkte te koop en jou kombuis in ’n plaaskombuis te omskep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.