Soorte resepte:

Resep-video: Maklike pekanneuttert

Maklike pekanneuttert. (Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

Winter, somer, herfs of lente … hierdie tert is enige tyd van die jaar ʼn wenner. Bedien dit saam met yskoue roomys, styf geklopte room of warm tuisgemaakte vla.

Bestanddele

Tert

  • 4 eiers
  • 1 k suiker
  • 1 pakkie (200g) Mariebeskuitjies, fyngemaak
  • 200 g pekanneute, fyngekap
  • 20 ml bakpoeier

Karamel-en-roomlaag

  • 1 blik (380 ml) karamelkondensmelk (opsioneel)
  • 250 ml room (opsioneel)
  • 1 t kaneel (opsioneel)
  • 25 ml versiersuiker (opsioneel)

Metode

Tert

  1. Voorverhit oond tot 180 °C, en spuit ʼn koekpan van sowat 20 cm met kleefwerende kossproei.
  2. Klits die eiers goed tot lig en donserig.
  3. Voeg die suiker by en klits weer vir ongeveer 10 minute.
  4. Voeg die Mariebeskuitjies, neute en bakpoeier by, en vou dit versigtig by die eiermengsel in.
  5. Skep die mengsel in die voorbereide pan en bak vir 20 minute tot gaar.
  6. Laat dit vir ʼn paar minute in die pan afkoel voordat jy dit uit die pan verwyder.

Karamel-en-roomlaag

  1. Klits die karamelkondensmelk tot romerig en smeer dit bo-oor die tert.
  2. Klits die room en versiersuiker styf en smeer dit bo-oor die karamellaag.
  3. Sprinkel ʼn bietjie kaneel bo-oor.
  4. Sit dit voor saam met ʼn heerlike warm koppie koffie of tee.

Al die Maroela-produkte wat jy in dié video sien, is in ons aanlyn winkel, Die Koöperasie, beskikbaar. Klik hier om dié mooi produkte te koop en jou kombuis in ʼn plaaskombuis te omskep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Karoo ·

Sjoe mense…. so mooi soos wat hys is, sal die tert my in ‘n ander bloed groep sit.

Faraway ·

Dit pla my vir een of ander rede dat daai geklopte room bo-op lê soos n sandhoop!
My huishoudkundige juffrou van destyds sou nie gedink het dis snaaks nie . . . Smeer daai room ordentlik eweredig asb! LOL

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.