Soorte resepte:

Resep-video: Malvalekker-en-sjokoladebroodpoeding

Malvalekker-en-sjokoladebroodpoeding. (Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

As daar ʼn kortpad is na ʼn heerlike nagereg, dan sal ons hom vind. Jy kan dié poeding maklik op die rooster, in ʼn pan of op ʼn gasplaat braai.

Die resep is genoeg vir 4 mense.

Bestanddele

  • 8 snye witbrood
  • 2-4 eiers
  • ½ k volroommelk
  • 1 e vanieljegeursel
  • 4 malvalekkers, in die helfte gesny
  • 4 e sjokoladesmeer
  • olie vir braai (opsioneel indien jy dit in ʼn pan braai)

Metode

  1. Sny die korsies van die snye brood af (wenk: jy kan die korsies hou om later te gebruik vir broodkrummels in ʼn ander gereg).
  2. Smeer twee van die snye brood met sjokoladesmeer, hou die rante van die broodjie skoon.
  3. Pak 2 malvalekkers op een van die snye brood.
  4. Plaas nou die ander sny brood bo-op en druk die rante van die broodjie liggies vas sodat die twee snye aanmekaar vasplak soos ʼn koevertjie.
  5. Meng die eier, melk en vanieljegeursel goed en doop die brood daarin.
  6. Braai dan die broodjies in ʼn pan met olie of braai dit op die rooster tot ligbruin en die eier gaar is.
  7. Bedien dit warm terwyl die malvalekker nog drade trek, saam met roomys of vla.

Al die Maroela-produkte wat jy in dié video sien, is in ons aanlyn winkel, Die Koöperasie, beskikbaar. Klik hier om dié mooi produkte te koop en jou kombuis in ʼn plaaskombuis te omskep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.