Soorte resepte:

Resep-video: Mikrogolf-sjokoladekoek

Mikrogolf-sjokoladekoek. (Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

Geniet hierdie maklike, vinnige sjokoladekoek uit die mikrogolfoond saam met ʼn beker boeretroos.

Versier die koek met botterversiersel, karamelkondensmelk of sommer styfgeklitste room.

Bestanddele  

  • 1 k suiker
  • 1 k bruismeel
  • knippie sout
  • 3 e kakao
  • 1 k warm water met 1 t kitskoffie, opgelos
  • 2 eiers
  • 4 e olie

Metode

  1. Spuit ʼn mikrogolfbak met kleefwerende kossproei.
  2. Meng al die droë bestanddele saam.
  3. Gooi nou die res van die bestanddele by en meng alles goed.
  4. Gooi die beslag in die voorbereide bak en plaas dit in die mikrogolfoond teen volle krag vir 7 minute.
  5. Laat staan die koek vir 3 minute in die mikrogolf voordat jy dit verwyder.
  6. Laat dit afkoel en versier soos verkies.

Al die Maroela-produkte wat jy in dié video sien, is in ons aanlyn winkel, Die Koöperasie, beskikbaar. Klik hier om dié mooi produkte te koop en jou kombuis in ’n plaaskombuis te omskep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Harley Davidson ·

Heelwat meer interessant as die vervelige staatsrede ,vandag bak ons koek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.