Soorte resepte:

Resep-video: Mikrogolf-souskluitjies 

Mikrogolf-souskluitjies . (Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

Souskluitjies bring heimwee van winterskoolvakansies by ouma. Van blaas-blaas tot die soetigheid op die lepel koud genoeg is om nie jou mond te brand nie, maar warm genoeg om die winter van binne af uit te hou. Maak hierdie resep as jy terugverlang na die warm gevoel wat net souskluitjies sal kan aansteek!

Bestanddele

Vir die sous

  • 1½ ℓ water 
  • 375 ml suiker 
  • 15 ml botter 
  • 5 ml fyn kaneel 

Vir die kluitjies

  • 2 k koekmeel 
  • 15 ml bakpoeier 
  • knippie sout 
  • 30 ml botter 
  • 2 eiers 
  • 125 ml melk 

Metode

  1. Gooi al die bestanddele vir die sous in ʼn bak en plaas dit in die mikrogolf vir ongeveer 8 minute. 
  2. Bring dit tot kookpunt en roer tot die suiker opgelos het.
  3. Sif die meel, bakpoeier en sout saam in ʼn mengbak. 
  4. Vryf die botter by die meelmengsel in met jou vingerpunte tot dit soos broodkrummels lyk. 
  5. Gooi die eiers en melk by die meelmengsel en meng alles goed tot ʼn deeg vorm. 
  6. Skep eetlepels vol van die deeg by die warm stroop en maak die bak toe met kleefplastiek of ʼn deksel. 
  7. Plaas dit in die mikrogolf vir 5 minute op hoog (100% krag) en laat dit vir sowat 1 minuut bedek staan voor jy dit voorsit. 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.