Soorte resepte:

Resep-video: Oreo-fudge

Oreo-fudge (Foto: Janie Monsiuer/Maroela Media)

Met net drie bestanddele het jy woeps-waps hierdie lekker fudge!
Lewer sowat 24 blokkies

Bestanddele

  • 500 g wit sjokolade
  • 400 g kondensmelk
  • 12 Oreo-koekies, fyngemaak

Metode

  1. Smelt sjokolade en kondensmelk saam in mikrogolf.
  2. Meng die fyngemaakte Oreo-koekies daarby en skep dit in ʼn bak. Versprei dit eweredig en maak die bokant glad met agterkant van lepel of vingerpunte.
  3. Verkoel in yskas vir sowat 2 uur en sny in blokkies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.