Soorte resepte:

Resep-video: Vlaskywe met konfyt

Vlaskywe met konfyt. (Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

Vlaskywe is ’n heerlike lekkerny saam met koffie of tee en kan selfs as nagereg bedien word. Tradisioneel word dit met skilferdeeg gemaak, maar ons het ’n kortpad gevind en ’n klein kinkel bygebring om teetyd net nog lekkerder te maak.

Bestanddele

  • 2 x (200 g elk) pakke Cream Crackers
  • 100 g vlapoeier
  • 1 l volvetmelk
  • 1 t vanieljegeursel
  • ¼ koppie strooisuiker
  • ½ koppie bessiekonfyt

Vir die bolaag:

  • 500 ml versiersuiker
  • 5 ml suurlemoensap
  • 35 ml water

Metode

  1. Gooi ½ k van die melk saam met die vlapoeier in ʼn mengbak en meng dit totdat die vlapoeier goed opgelos het.
  2. Gooi die res van die melk daarby asook die vanieljegeursel en suiker.
  3. Kook die mengsel in die mikrogolf, hou dit dop sodat dit nie oorkook nie en roer dit gereeld totdat dit dik word.
  4. Bedek die vlamengsel met kleefplastiek om te verhoed dat dit ʼn vel bo-op vorm en laat dit sowat 30 minute afkoel.
  5. Pak ʼn laag Cream Crackers onder in ʼn tertbak en skep die vlamengsel bo-op die laag beskuitjies.
  6. Smeer nou ʼn laag konfyt bo-oor.
  7. Bedek dit met nog ʼn laag beskuitjies.
  8. Maak die bolaag aan deur al die bestanddele goed te meng en dan bo-oor die tert te gooi en liggies te versprei sodat die hele tert bedek is.
  9. Plaas die tert in die yskas vir sowat 4 ure of totdat dit gestol het.

Al die Maroela-produkte wat jy in dié video sien, is in ons aanlyn winkel, Die Koöperasie, beskikbaar. Klik hier om dié mooi produkte te koop en jou kombuis in ’n plaaskombuis te omskep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.