Soorte resepte:

Resep: Vyesous

Vyesous. (Foto: Lapa Uitgewers)

Geniet hierdie sous saam met ʼn kaaskoek of selfs ʼn kaasbord.

Lewer sowat 1 ℓ.

Bestanddele

  • 1 kg ryp vye, geskil
  • 250 ml laatoeswyn
  • 250ml water
  • 200 ml suiker
  • 25 ml suurlemoensap

Metode

  1. Verhit al die bestanddele oor lae hitte en roer tot die suiker opgelos is.
  2. Prut tot die vye sag is en verpulp dit saam met die suikerstroop.
  3. Giet die orige sous in gesteriliseerde bottels en verseel.

Bron: Souse
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Karoo ·

Sal heeeerlik wees, die resep is net te vroeg, ons Karoo vye moet nog aan die stok kom en as ons gelukkig is, is daar ‘n paar vruggies mid/einde Oktober.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.