Dít sal jou Maandag ʼn bietjie beter maak!
Lewer 8-10 porsies
Bestanddele
- 250 g mascarponekaas
- ¼ k (55 g) strooisuiker
- 100 g witsjokolade, gesmelt
- 1 k (250 ml) Clover-room, styf geklits
- 1 k (250 ml) vars, sterk koffie
- ¼ k (125 ml) marsala of soet sjerrie
- 18 Boudoir-sponsvingers
- 100 g Amaretti-beskuitjies (opsioneel, of gebruik ekstra sponsvingers)
Metode
- Voer ʼn broodpannetjie met kleefplastiek uit en laat die rande van die kleefplastiek oor die bokant van die pan hang om die onderkant van die terrien te bedek.
- Meng die mascarponekaas en suiker in ʼn bak en klits tot glad. Voeg die sjokolade by en klits weer. Vou die room in en hou eenkant.
- Meng die koffie en marsala in ʼn aparte bak. Neem een sponsvinger op ʼn slag, doop dit in die koffiemengsel en pak dit in ʼn enkellaag op die bodem van die voorbereide broodpannetjie.
- Skep die helfte van die roommengsel oor die laag sponsvingers. Doop die Amarettibeskuitjies of die ekstra sponsvingers in die koffiemengsel en pak ʼn tweede enkellaag. Skep die oorblywende roommengsel oor die laag beskuitjies en rond met ʼn finale laag gedoopte beskuitjies af. Bedek die terrien met die oorhangende kleefplastiek en verkoel vir 2 tot 3 uur of verkieslik oornag.
- Verwyder uit die yskas en keer op ʼn dienbord uit. Haal die kleefplastiek af en strooi gerasperde sjokolade oor of sif kakaopoeier oor. Sny in skywe en sit voor.
Bron: Gunsteling Poedings
Uitgewer: Lapa