Kabelo Ledwaba, woordvoerder van BLO, het gesê die vliegtuig het ná die impak aan die brand geslaan.
Lees meerAlles vir Maandag 11 Junie 2018
Die wêreld in foto’s – 11 Junie 2018
Beleef al die nuusgebeure, een foto op ’n slag.
Drie mynwerkers sterf in skag
“Dit is onaanvaarbaar, ons verkoop nie ons lewens, ledemate of longe aan die industrie nie; net ons arbeid om vir ons gesinne te voorsien.”
Man op Noordwes-plaas geskiet
Drie mans het hom glo by die motorhuis oorval.
Dispuut met Eskom verklaar oor loon-onderhandelings
Eskom bied ʼn 0%-salarisverhoging vir werknemers aan.
Limpopo-hoë moet opdok vir reuseselfoonrekening
ʼn Groot deel van die rekening is glo weens die koste van pornografie-kyk veroorsaak.
Foto’s van Saterdag se opwindende aksie op Ellispark
Nie altyd die beste nie, en met nog te veel foute, maar Saterdag se oorwinning op Ellispark teen Engeland was vol opwinding en ook sprankelrugby.
Bekende in jagbedryf sterf in gru-ongeluk
Die geliefdes van Anelda de Bruin (36) hou Vrydag ʼn gedenkdiens vir dié lewenslustige vrou, ʼn bekende in die wildsbedryf, wat verlede week in ʼn gru-ongeluk dood is wat ook die lewe van ʼn polisiegeneraal geëis het.
Jong Hollywood-akteur dood
Die oorsaak van sy dood word nog ondersoek.
Rassie trek Schalk Brits nader, stuur sewe na franchise’e terug
Schalk Brits, wat drie weke gelede sy laaste wedstryd vir Saracens gespeel het toe hulle die soveelste keer as Engeland se kampioen gekroon is, is by die Springbokgroep vir die res van die Engelse reeks gevoeg.
Foto’s: 9 vas oor geweld in Riebeek-Kasteel
Betogers het onder meer ’n wynmakery bestorm en ’n voertuig omgegooi.
Vroue laat klere waai vir bewusmaking en wêreldrekord
Maroela Media het met ʼn Suid-Afrikaanse vrou gepraat wat ook deelgeneem het.
Man skiet vrou, toe homself dood
ʼn Saak van moord word ondersoek nadat ʼn 32-jarige man van Kaapstad Maandagoggend glo ʼn laerskoolonderwyseres doodgeskiet het voordat hy die vuurwapen op homself gerig het.
Matthew Benson: ‘Ek is dankbaar die waarheid is uit’
“Dit het waarskynlik ʼn ketting van gebeure in werking gestel waarin die beskuldigde valslik deur Lerumo as die skieter beskuldig is.”
Woede ná wrede aanval op robwelpie
ʼn Video van ʼn robwelpie wat oënskynlik wreed deur twee jong mans mishandel word, het sosialemediagebruikers warm onder die kraag.
SA museums in krisis: ‘Stories, kultuurkonteks gaan verlore’
ʼn Onlangse bestekopname wat ondersoek ingestel het na Suid-Afrikaanse museumversamelings en -uitstallings het vasgestel dat meer as 50 Suid-Afrikaanse museums in die laaste paar jaar tot niet gegaan het.
Maroela Media Afrikaanse Top-20: 11 Junie 2018
Wie is dié week in die no.1-posisie?
Vlieënier ná 5 dae steeds vermis
Vyf dae nadat ʼn 61-jarige vlieënier van Newcastle in KwaZulu-Natal tydens ʼn vlug spoorloos verdwyn het, is daar steeds geen teken van hom óf sy vermiste vliegtuig nie.
Koerierwerkers buite winkelsentrum ontvoer
ʼn Bussie van ʼn koeriermaatskappy is Maandagoggend buite ʼn winkelsentrum in Port Elizabeth gekaap, waarna die kapers die werkers van die maatskappy glo in die bussie ingeboender en met hulle van die toneel weggejaag het.
Kampsbaai-moord: Beskuldigde maak skokonthulling
William Booth, prokureur vir die verdediging, het gesê hy het Saterdag nog met die beskuldigde konsulteer en is “heeltemal uit die veld geslaan” deur sy kliënt se erkenning.