Soorte resepte:

Spog dalk met jou resep in Maroela se boek!

Biltong-en-kaassop. (FotoL Elsabé Erasmus/Maroela Media)

“Ons almal weet hoe lekker ons Afrikaanssprekendes kan kuier rondom kos. Kos is so ’n ryk deel van ons kultuur en geskiedenis. Ons het besluit dat dit tyd is vir ’n regte, egte Maroela Media-glansresepteboek in volkleur.”

Só sê Susan Lombaard, uitvoerende hoof van Maroela Media, oor die plan om ʼn unieke, kosbare resepteboek saam te stel.

Daarvoor het ons elke Maroela-leser se hulp nodig. Het jy ʼn staatmakerresep wat jy gereeld vir jou gaste bedien? Lê jou ouma se handgeskrewe melktertresep dalk in die laai? Of is daar ʼn groentesop waarmee jou buurvrou altyd spog en sy goedhartig die resep met jou gedeel het? Ons wil graag van jou hoor!

Dié resepte sal deur die loop van 2023 in Maroela Media se kombuis gemaak word, gekeur word deur ʼn paneel beoordelaars en in ʼn spesiale resepteboek saamgevat word.

Jy staan dus die kans om deel te word van Maroela Media se eie resepteboek!

Deel jou resep hieronder voor 29 Januarie 2023 deur óf ʼn foto van die resep in te dien, óf die resep sommer self op die kompetisievorm in te vul.

Baie belangrik: Jy mag nie die resep uit ʼn gepubliseerde resepteboek of van ʼn webwerf afskryf nie. Resepte wat in boeke of op koswebwerwe gepubliseer word, is onderhewig aan kopiereg. As dit nie jou eie of jul familieresep is nie, het jy ongelukkig nie kopiereg daarvoor nie en mag ons dit ook nie publiseer sonder goedkeuring of toestemming nie.

Sorry. This form is no longer available.

Bepalings en voorwaardes

  1. Jy mag nie die resep uit ʼn gepubliseerde resepteboek of van ʼn webwerf afskryf nie. Resepte wat in boeke of op koswebwerwe gepubliseer word, is onderhewig aan kopiereg. As dit nie jou eie of jul familieresep is nie, het jy ongelukkig nie kopiereg daarvoor nie en mag ons dit ook nie publiseer sonder goedkeuring of toestemming nie.
  2. Maroela Media sal na die beste van ons vermoë ondersoek instel om te bevestig dat die ingestuurde resepte nie onderhewig aan kopiereg is nie. Indien ʼn resep onderhewig aan kopiereg per abuis gepubliseer word, sal die resep verwyder word nadat dit as sulks gemeld word. Stuur navrae oor die resepte se kopiereg aan [email protected].
  3. Wanneer jy jou resep instuur, gee jy toestemming dat Maroela Media die teks en foto’s onbepaald op Maroela Media se Koolstoof-blad en enige ander platforms of publikasies mag publiseer en dat dit op Maroela Media se sosialemediakanale bemark mag word sonder enige finansiële of ander vergoeding vir jou of die persoon wat oorspronklik die resep saamgestel het of enigiemand anders.
  4. Maroela Media aanvaar geen verantwoordelikheid vir slegte geregte, ongestelde mae, voedselvergiftiging, leed of skade berokken na aanleiding van die resepte nie; lesers berei dit op eie risiko voor.
  5. Maroela Media se redaksie sal besluit of ʼn resep gepubliseer gaan word; die instuur waarborg nie dat dit gepubliseer gaan word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.