Soorte resepte:

Resep: Burrito-slaai vir ʼn vegetariër

Burrito-slaai vir ʼn vegetariër (Foto: The South African Mushroom Farmers’ Association)

Smul aan hierdie kleurvolle slaai.

Genoeg vir 4 porsies

Bestanddele

  • 15 ml avokado-olie
  • 250 g wit knopiesampioene, in dik skywe gesny
  • 45 ml Hoisin-sous
  • 400 g bruinrys, gaar
  • 2 baby cos-blaarslaai
  • 2 vars mielies, gerooster en gaar
  • 1 rooi soetrissie, gerooster en in skywe gesny
  • 1 avokado, in skywe gesny
  • 1 blik swartbone, gedreineer
  • 45 ml olyfolie
  • 15 ml ryswynasyn
  • sout en gemaalde swartpeper

Om te bedien

  • vars koljanderblare
  • lemmetjiewiggies
  • glutenvrye skyfies of nacho’s

Metode

  1. Verhit die olie in ʼn pan en braai die sampioene vir 3 minute.
  2. Voeg die Hoisin-sous by en kook vir 2 minute.
  3. Voeg die bruinrys in opdienbakkies en rangskik die slaaiblare bo-op.
  4. Voeg dan die geroosterde sampioene, mielies, soetrissies, avokado en swartbone by.
  5. Klits die olyfolie, asyn en sout en gemaalde swartpeper saam en gooi oor die slaai.

Bron: Die Suid-Afrikaanse Sampioenboerevereniging

Maroela Media spog nou met ons eie resepteboek, Huis-huis. Koop dit hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.