Soorte resepte:

Resep: Sampioen-en-blomkoolsop

Sampioen-en-blomkoolsop (Foto: The South African Mushroom Farmers’ Association)

Hierdie lekker sop is verspotmaklik om te maak (’n eenvoudige voedselverwerker doen die ding).

Genoeg vir 2 mense

Bestanddele

  • 30 ml botter
  • 250 g knopiesampioene, gesny
  • 1 klein knoffelhuisie, fyn gerasper (opsioneel)
  • 300 g blomkool, in repies gesny
  • 250 ml room
  • 1 koppie gerasperde beleë cheddarkaas, plus ekstra vir opdiening
  • sout en peper na smaak
  • ’n handvol grasuie, fyngekap

Metode

  1. Verhit die botter in ’n mediumgrootte kastrol oor hoë hitte. Voeg die sampioene by en braai tot hulle begin sag word (moenie hulle te donker laat word nie en plaas ’n paar eenkant om later as garnering te gebruik).
  2. Voeg die knoffel by, roer vir ’n minuut en voeg dan die blomkool en die room by. Bedek en bring tot by prutpunt – maak seker dat dit nie oorkook nie.
  3. Laat dit vir sowat 5-7 minute kook, of tot die blomkool sag is. Gooi in ’n voedselverwerker en verwerk tot baie glad. Voeg die cheddar by en geur na smaak.
  4. Bedien warm, en sprinkel met nog kaas, die sampioene wat eenkant gehou is en die grasuie.

 

Bron: The South African Mushroom Farmers’ Association

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.