Soorte resepte:

Resep: Vars slaairolletjie

Vars slaairolletjie. (Foto: Lapa Uitgewers)

Hierdie smullekker kosblikversnapering is veral geskik vir diegene wat ʼn bietjie gesonder wil leef.

Lewer 12 porsies

Bestanddele

Kasjoeneut-slaaisous

  • 180 ml rou kasjoeneute
  • 240 ml water
  • 1,25 ml sout
  • 2,5 ml suurlemoensap

Slaai

  • 125 ml rou gerasperde wortel
  • 30 ml fyngesnyde pikantrissies (Peppadews)
  • 125 ml fyngesnyde Mediterreense komkommer
  • 60 ml vars koljanderblare
  • 60 ml gesnyde vars kruisementblare
  • 3 middelslag- of 6 klein heel rou murgpampoentjies met skil
  • 15 ml suurlemoensap

Guacamole

  • 125 ml guacamole

Metode

  1. Kasjoeneutroom: Week die kasjoeneute in 180 ml water vir ’n paar uur of oornag. Dreineer en puree dit in ’n voedselverwerker saam met 60 ml water, die sout en suurlemoensap. Plaas in die yskas.
  2. Meng al die slaaibestanddele, behalwe die murgpampoentjies en suurlemoensap, saam in ’n mengbak.
  3. Sny elke murgpampoentjie in dun repies met ’n aartappelskiller. Borsel die repies liggies met die suurlemoensap. Plaas omtrent 6 repies half oormekaar plat op die snybord en smeer ’n lagie kasjoeneutroom en guacamole daarop.
  4. Skep ’n eetlepel slaai in die middel, rol op, sny in die helfte en steek vas met ’n tandestokkie.
  5. Plaas in die yskas.

Bron: Slim laekoolhidraatgeregte
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.