Die Springbokke, wat ook die Laureus- Wêreldspan van die Jaar-toekenning gewen het ná hul Wêreldbeker-oorwinnings in 2007 én 2019, is weer vir dieselfde toekenning genomineer.
Lees meerAlles vir Maandag 26 Februarie 2024
Groot verwarring oor e-tol duur voort
Tussen Sanral, Panyaza Lesufi, Gautengse premier, Enoch Godongwana, minister van finansies, en die departement van vervoer, blyk dit niemand weet wat werklik aangaan wanneer dit kom by die finalisering van die e-tol-debakel nie.
Malema-haatspraaksaak: ‘Uitlatings doelbewuste aanhitsing tot geweld’
Van den Berg het verder getuig dat haar ondersoek oor Malema se kommentaar daarop dui dat die redelike aanhoorder sy uitlatings as doelbewus en ’n direkte aanhitsing tot geweld sou interpreteer.
Video: Traanrook, rubberkoeëls toe polisie stakende Tuks-werkers verjaag
Rikus Delport, woordvoerder van die UP, sê ʼn groep stakende personeellede het akademiese aktiwiteite onwettig ontwrig.
Regstreeks: Kry hier antwoorde op Bela-vrae
Skakel hier in vir ʼn regstreekse gesprek oor die beoogde Bela-wetgewing en die uitwerking daarvan op die onderwysstelsel, kinders, ouers en skole.
Israel-besetting ‘belediging vir geregtigheid’
Die Internasionale Hof van Justisie het sy laaste dag van die week lange verhore binnegegaan ná ʼn versoek van die Verenigde Nasies, met ʼn ongekende 52 lande wat hul siening oor Israel se besetting gegee het.
Gewigsverlies: ʼn Maand (en 10 kilo’s!) later
Wat ek egter wel geweet het, is dat ek vanjaar gereed was vir verandering – en dié maand het vir my ʼn proeseltjie van daardie verandering gebied.
Trekkers terug in Brussel terwyl samesprekings voortduur
Benewens uitdagings wat boere in Brussel ondervind, kom al hoe meer Europese boere in opstand oor laer voedselpryse, stygende heffings vir boere, hoër brandstofpryse en ander omgewingsbeskermingsreëls wat volgens hulle onaanvaarbaar is.
ToekomsVenster: Anderkant die dood
Dan is daar ook die wete dat Christus se opstanding ons eie opstanding waarborg en dat dit ons sekuriteit is. Mag dit jou eweneens bemoedig.
Selftoetsing kan servikskanker stuit
Servikskanker lei elke twee minute tot ’n vrou se dood êrens ter wêreld.
Belangrike datums: Só lyk pad nou tot kiesdag
Die wiele is aan die rol vir die nasionale en provinsiale verkiesing wat op 29 Mei vanjaar gaan plaasvind, maar voor dán moet heelwat administrasie nog gedoen word om ʼn vry en regverdige verkiesing te verseker.
Begroting steun groei, ontwikkelingsdoelwitte – Ramaphosa
Volgens Ramaphosa sal die 2024-begroting ekonomiese groei op minstens drie maniere ondersteun: die vermindering van staatskuld, die beskerming van maatskaplike toelae en noodsaaklike dienste, asook maatreëls om groei te bevorder en werk te skep.
OB moet vlieënde Cele se vlerke knip
Dit is die tweede agtereenvolgende keer dat Cele belastingbetalersgeld misbruik. Net verlede jaar is duisende rande aan sy persoonlike assistent bestee om saam met hom na die eindstryd van die Wêreldbeker-rugbytoernooi in Frankryk te reis.
Oud-onderburgemeester gevonnis oor seksuele aanranding
Dit is die tweede keer dat Mlandeli Nyuka aan seksuele aanranding skuldig bevind is.
Stel jou algemene kennis op die proef met vasvraprogram
“Dis beslis een van daai gevalle van wie nie waag nie, wen nie – en énige prysgeld is mos ʼn lekker bonus,” sê die joernalis Susan Booyens, wat voorheen R500 000 op ‘Wie word ʼn miljoenêr?’ gewen het.
Wenners: kykNET Buite Ekspo bied hope opwinding vir buitelewe-entoesiaste
Dié buite-ekspo bied ʼn naweek propvol 4×4-avonture, uitstallings, veldren-ervarings en gesinsaktiwiteite.
G’n plek vir muis op vliegtuig, in hotel terwyl Swift-koors hoog loop
Singapoer het sedert die opheffing van inperkingsmaatreëls ná die Covid-19-pandemie die rooi tapyt vir baie internasionale kunstenaars uitgerol, onder andere Blackpink, Harry Styles en Ed Sheeran. Sogenaamde Swifties sak ook binnekort op die streek toe vir ʼn reeks van ses vertonings in die land.
SAG-toekennings: ‘Oppenheimer’ wen groot, Barbra Streisand vereer
Dié toekenningsgeleentheid het ook met verskeie rolverdelings se reünies en uitbundige modes verras.
Gelykheidshof moet sê oor doodsdreigemente ná Brackenfell-debakel
Julius Malema, EFF-leier, word daarvan beskuldig dat hy aanleiding tot die duisende doodsdreigemente gegee het wat Danté van Wyk en sy gesin glo ontvang het.
Gesukkel met aansoeke vir dranklisensies duur voort
“Die DA is deur ʼn betroubare bron ingelig dat daar ʼn agterstand van 600 aansoeke by die Gautengse Drankraad is. Boonop is aansoekers wat direk na die kantore gaan, weggewys omdat die kragopwekker nie werk nie.”