Israel-besetting ‘belediging vir geregtigheid’

(Foto: Robin Utrecht / ANP/AFP)

Die Arabiese liga het Maandag Israel se besetting van Palestynse gebiede ʼn “belediging van internasionale geregtigheid” genoem en gesê die versuim om dit te beëindig, kom neer op “volksmoord”.

Die Internasionale Geregshof is op die laaste dag van verhore ná ʼn versoek van die Verenigde Nasies (VN), met ʼn ongekende 52 lande wat hul insette oor Israel se besetting gegee het.

“Hierdie langdurige besetting is ʼn belediging vir internasionale geregtigheid,” het die verteenwoordiger van die blok van 22 Arabiese lande aan regters in Den Haag gesê.

“Die versuim om dit te beëindig het gelei tot die huidige gruwels wat teen die Palestynse mense gepleeg word – wat neerkom op volksmoord,” het Abdel Hakim El-Rifai aangevoer.

Die meeste sprekers het tydens die sitting geëis dat Israel sy besetting, wat ná ʼn ses dae lange Arabies-Israeliese oorlog in 1967 begin het, moet staak. Verlede week het die VSA egter aangevoer Israel moet nie wetlik verplig word om hom te onttrek sonder om sy “werklike veiligheidsbehoeftes” in ag te neem nie.

Belanghebbendes het Maandag gewaarsku dat ʼn langdurige besetting ʼn “uiterste gevaar” vir stabiliteit in die Midde-Ooste en ander streke inhou.

“As daar niks daaraan gedoen word nie, is daar die gevaar dat dit nie net vrede en veiligheid in die streek kan bedreig nie, maar ook globale vrede en veiligheid,” het Turkye se verteenwoordiger, Ahmet Yildiz, gesê.

Zambië se verteenwoordiger het aan regters gesê albei kante het ʼn verantwoordelikheid om ʼn vreedsame skikking te beding. “Israel en Palestina het ʼn plig om internasionale menseregtewetgewing en internasionale humanitêre reg te respekteer,” het maarskalk Mubambe Muchende gesê.

Hy sê die oplossing vir konflik moenie “een wees wat die blaam vierkant op een party plaas nie, maar eerder een wat ʼn onderhandelde oplossing bevorder wat op ʼn tweestaatoplossing uitloop”.

Vooroordeel

Die VN het die geregshof gevra om ʼn “raadgewende mening” te gee oor die “regsgevolge wat voortspruit uit die beleid en praktyke van Israel in die besette Palestynse gebied, insluitend Oos-Jerusalem”.

Die hof sal waarskynlik voor die einde van die jaar sy mening gee, hoewel dit nie bindend is nie.

Israel neem nie aan die mondelinge verhore deel nie. Die land het ʼn skriftelike betoog ingedien waarin hy die vrae wat die hof gevra het, as “bevooroordelend” en “tendensieus” beskryf.

Die sittings het ʼn week gelede begin met drie uur lange getuienis van Palestynse amptenare wat Israel daarvan beskuldig het dat die land ʼn stelsel van “kolonialisme en apartheid” bestuur.

Die saak is apart van die een wat Suid-Afrika teen Israel ingedien het vir beweerde volksmoord. In daardie saak het die geregshof beslis dat Israel alles in sy vermoë moet doen om dade van volksmoord in Gaza te voorkom en humanitêre hulp toe te laat.

Die oorlog in Gaza het begin nadat Hamas-militante die suide van Israel op 7 Oktober aangeval het. Dit het gelei tot die dood van ongeveer 1 160 mense, meestal burgerlikes.

Israel se militêre offensief in weerwraak het tot dusver die lewe van minstens 29 782 mense geëis, die meeste van hulle vroue en kinders, volgens syfers van die Hamas-beheerde departement van gesondheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Michael ·

Ek staan 100% saam met Israel en ondersteun sy plan om die hamas terroriste te vernietig.

annie ·

Wel, as mens nie die Bybel wíl lees nie, moet jy seker maar die gevolge dra, nê?

Danie ·

Wat het hamas gedink gaan gebeur as hulle oor die grens spring en n klomp vroue en kinders in Israel wreed vermoor!?!?!? Nee wat, hou op kla en face the music!!!

Pieter ·

Mense in Ukraine kyk die seker en wonder, “wat van ons”… Maar nee, daar is mos niks verkeerd daar nie…

Pieter ·

Mense, ek verstaan net nie meer die land en sy mense se logika nie. Ek probeer, maar duidelik is ons nie op dieselfde golflengte… Lyk ook nie of ek gou so laag kan opvang nie…

hpven ·

Oktober 7, wat word blatante moord, verkragting en ontvoering van ongewapende burgerlikes genoem? Waar was die sogenaamde “internasionale geregtigheit” toe en nou insake dit? Wie het hiedie enetjie begin?
Israel, maak klaar en wis daardie lafhartige moordenaars, verkragters en ontvoerders uit!

Danie ·

As 7 Oktober 2023 nie gebeur het nie, was daar nie nou hierdie gevolge nie.

Henry ·

Stem beslis saam met Zambie. Hoekom skreeu al die partye nie vir Hammas om die geiselaars vry te laat en hulle self oor tegee nie. Dan is die oorlog mos verby. Hammas het dit begin

Jasper ·

‘n Kanker soos Hamas sal totaal uitgesny moet word, anders dit versprei na die res van die Weste.

John ·

Zambia ek stem volkome saam met jou…”It takes 2 to tango”..Laat die gyselaars vry en dit kan die einde van die oorlog bespoedig…..en asseblief moet nie praat van volksmoord nie want dit gaan al jare aan in ons Suid Afrika

piet ·

Die oorlog sal nie verby wees voordat Israel HEELTEMAL uit Palestynse gebiede padgee nie. Die bevrydingstryd sal voortduur.

JoHines ·

1. Wie het die geveg begin?
2. Hoekom word die Israelies wat gevange geneem is nie vry gelaat nie.
3. Luister na die lot van die vroue gevangenis.
4. Afrika repliek is deurspek met “Afrika Mentaliteit”

Marthinus W ·

n Baba word nie net gebore nie; daar is nege maande se swangerskap, en die tyd voor die swangerskap. Die VN was reg toe hulle noem dat die 7 Oktober-aanval nie in n vakuum gebeur het nie; dit was 57 JAAR se onderdrukking van die Palestyne. Beide partye moet saamwerk, en daar moet twee state wees, aangesien hulle nie saam in vrede sal kan leef nie.

popsa ·

So jy regverdig 7 Okt se moorde, verkragtings, verbrandings, afstootlike wreedhede en die ontvoerings van oa vroue en
kinders wat voortduur tot vandag toe, Marthinus W? Ek stel voor jy kry jou feite reg.

Deon ·

popsa, Martinus W se feite is reg. Gaan slaan gerus die geskiedenis na van die onderdrukking van die afgelope meer as 57 jaar. Die 7 Okt gereverdigde aanval het nie sommer uit die lug geval nie.
‘ Israel’ is gebou op tereur – dit is ‘n feit. Die sogenaande verkratings en verbrandings waarna jy verwys is alles leuns.

Marthinus W ·

minnie muis: God het die Tweede Tempel in 70 n.C. laat vernietig deur Nebukadnesar II [die ou wat gras geeet het], omdat die Jode ongehoorsaam was, en eerder goue kalwe wou aanbid – wat baie vandag nog doen. Daardeur is die Jode regoor die aarde versprei. En daarom se Jesus in die Nuwe testament dat almal op aarde sondig is; daar is nie een regverdige mens nie; Jood en nie-Jood is nou gelyk voor God.

Indien ons Israel sou steun weens historiese eienaarskap van grond, moet alle SAners padgee, sodat net die KhoiSan hier kan bly, want hulle is die werklike oereienaars van die land hier.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.