Regstreeks: Kry hier antwoorde op Bela-vrae

Duisende mense het steeds groot kommer – en baie vrae – oor die omstrede voorgestelde Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette, beter bekend as die Bela-wet. Die Solidariteit Onderwysernetwerk bied Maandagaand in samewerking met die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS), AfriForum en Fedsas ʼn beraad aan waar antwoorde op sommige van dié vrae gegee gaan word.

Sprekers by die geleentheid is dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, adv. Albert Lamey, Alana Bailey, hoof van kultuursake by AfriForum, en dr. Jaco Deacon, uitvoerende hoof van Fedsas.

Volg die regstreekse uitsending hier:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

skurweberg ·

Onderwysers het ook die reg om in sy eie moedertaal te onderrig?

Hendrik ·

Daar word deurgans klem gele op moedertaal onderrig. Die groot probleem bly steeds, op langtermyn gaan dit oor kultuur verandering. Jou kind word staatseiendom. Die staat besluit watter skool. Wie voor in die klas staan. Botsende beskaafdheidsvlakke op skool. Vroee seksiele onderrig soos reeds ondervind. Die owerheid is sosiolisties kommunistie. Wat gaan die kurikulum van inhoudsvakke wees. Gaan die die christelike fundering handhaaf. Inderdaad diepsnydende probleme!!!!!

skurweberg ·

Dit is onregverdige arbeidspraktyk om ‘n onderwyser te dwing deur wetgewing om in ‘n ander taal as sy moedertaal te onderrig. Dit kan die kwaliteit van onderrig beinvloed.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.