Wenners: kykNET Buite Ekspo bied hope opwinding vir buitelewe-entoesiaste

Maniac 4×4 wat by die kykNET Buite Ekspo plaasvind, bied gratis ritte saam met ervare bestuurders bied sodat mense eerstehands die krag en vermoë van die voertuie kan beleef. (Foto: Verskaf)

Vier gelukkige Maroela Media-lesers het elk vier naweekbesoekerskaartjies vir die kykNET Buite Ekspo in die Wes-Kaap gewen.

Baie geluk aan Christine Sadie, Eugene Ehlers, Japie du Plessis en Yolanda Esterhuizen wat solank hulle tande kan slyp vir ʼn naweek propvol 4×4-avonture, uitstallings, veldren-ervarings en gesinsaktiwiteite.

Die immergewilde kykNET Buite Ekspo word deur Trio Events aangebied en dit vind van 8 tot 10 Maart by Môreson Plaas net buite Malmesbury plaas.

Avonturiers en kampeerders kan uitsien na ʼn verskeidenheid buitelewe-uitstallers wat die jongste kampeer- en 4×4-produkte wat tans op die mark beskikbaar is, gaan uitstal. Vir die meer avontuurlustige besoeker, bied Mahindra Claremont vanjaar veldren-ervarings aan.

Saam met die buitelewe-uitstallings en veldren-ervarings, is daar ook helikopterritte, 4×4-hindernisritte saam met André de Villiers van die kykNET-program, André 4×4, en ʼn braaikompetisie wat saam met Jimmy’s Steakhouse Sauces en ʼn paar kykNET-akteurs aangebied word.

Blackie Swart, Chereé, David Fourie, Soné Joubert, Amore, Rooies, Desmond Wells, Viljoen Retief, Dewald Dippenaar, Wynand Windpomp, Nic Stevens en die Rooiwyn Profeet met sy orkes sal vir heerlike musikale vermaak sorg, terwyl skougangers aan allerlei eet- en drinkgoed smul.

Naweekkampering raak nou vinnig vol! Bespreek sommer gou deur ʼn e-pos te stuur aan [email protected] met navrae oor alreeds opgerigte en toegeruste tentkampering aan [email protected].

Hou Maroela Media dop vir nog opwindende kompetisies en skryf in!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.