Malema-haatspraaksaak: ‘Uitlatings doelbewuste aanhitsing tot geweld’

Julius Malema Foto: Werner Beukes/SAPA

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) se haatspraaksaak teen Julius Malema, leier van die EFF, het vandag in die Gelykheidshof in die Wes-Kaap begin.

Hierdie saak volg ná AfriForum in 2022 klagtes teen Malema by die SAMRK ingedien het weens uitlatings wat hy gemaak het tydens die EFF se provinsiale vergadering in die Wes-Kaap.

Dr. Karien van den Berg, senior dosent van die Departement Engels aan die Noordwes-Universiteit (NWU) en ’n kenner op die gebied van linguistiek en toegepaste linguistiek, het opgetree as deskundige getuie.

Sy het onder meer getuig dat Malema se 2022-uitlatings wat ondersoek is, inderwaarheid neerkom op haatspraak.

Van den Berg het verder getuig dat haar ondersoek oor Malema se kommentaar daarop dui dat die redelike aanhoorder sy uitlatings as doelbewus en ’n direkte aanhitsing tot geweld sou interpreteer.

Malema het onder meer gesê: “Julle moet nooit bang wees om dood te maak nie, ’n rewolusie vereis dat daar op een of ander punt doodgemaak moet word, want doodmaak is deel van die rewolusionêre daad.”

Ernst van Zyl, hoof van Openbare Betrekkinge by AfriForum, sê hierdie haatspraaksaak teen Malema het goed begin te danke aan ’n deskundige getuie wat nie doekies omdraai oor Malema se doelbewuste aanhitsing tot geweld nie.

“AfriForum sal hierdie saak moniteer en ons lede asook die publiek op hoogte hou van hoe dié saak ontvou,” sê hy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Rudolph ·

Dankie jul probeer opstaan Dit is so jammer daar sal weer niks van kom. Hy is untouchable. Hy sing n verlosings lied!!!!

hpven ·

Lafhaards hits slegs geweld aan terwyl hulle staatmaak op die beskerming van ‘n groep meelopers. Sodra hulle alleen is kruip en hardloop hulle weg!
Internasionaal word, baie stadig maar seker, kennis geneem van die harde werklikheid wat in Suid Afrika besig is om te gebeur, heeltemaal te stadig….
Gaan hulle ook soos met Rwanda later sê, dit moes nooit gebeur het nie? Ja wanneer dit te laat is! Dit gebeur alreeds!

Danie ·

Hy niks anders as n doel van die canser se planne om SA n hool te maak nie.Waarom beskerm hulle hom ??

Ore ·

Ek dink nie hier is ‘n regter in SA wat Malema sal tronk toe stuur nie. Dalk ‘n stewige bote en en en…

Simone ·

stuur hom huis toe. hy is nie eers n SA ner maar hy wil hier kom moeilikheid maak.

ronel ·

My vraag bly al vir ‘n lang ruk as ek die man so kyk, wie presies sit agter hom en betaal hom om die tipe verdeeldheid te veroorsaak ? As mens sy modus operandi bekyk is sy hele doel om chaos te veroorsaak, en iemand iewers met geld betaal hom om dit te doen, hierdie man is n “hired jester “

JoHines ·

Malema se optrede gedurend ‘n Afrika Parlement sitting is ‘n goeie aanduiding van sy Karakter.

Vonkprop ·

Ek sê nog steeds. Die EFF is ‘n vleuel van die ANC net soos die nuwe MK party is. So verseker die ANC dat hulle almal se stemme kry, want elke nuwe party praat met ‘n sekere groep en hulle tekort aan waardes. Dit is Cyril se groot geskenk aan SA, dat na die verkiesing gaan al hierdie partye saamsmelt en dit gaan die Veelparty handves na ‘n kleuterskool laat lyk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.