Soorte resepte:

Resep-video: Vegetariese quiche

Vegetariese quiche (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Spinasie, sampioene en fetakaas is ʼn wenkombinasie.
Lewer 6 porsies

Bestanddele

  • 200 g (1 pakkie) sampioene
  • 300 g spinasie
  • 2 wiele fetakaas
  • 4 eiers
  • 1 k melk
  • 40 g parmesaankaas
  • ½ k mozzarellakaas
  • sout en peper na smaak

Vegetariese quiche (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Metode

  1. Maak spinasie effens gaar.
  2. Sny sampioene en maak effens gaar.
  3. Spuit ʼn gepaste oondbak met kossproei en plaas die spinasie daarin en versprei dit eweredig met jou vingers.
  4. Plaas die sampioene daarop en krummel fetakaas oor.
  5. Meng eiers, melk en parmesaankaas goed.
  6. Giet die eiermengsel oor die spinasie, sampioene en fetakaas. Geur met sout en peper en sprinkel mozzarellakaas oor.
  7. Bak vir 45 minute teen 180 °

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Carina ·

Mens kan die spinasie met Kale vervang. Dis baie gesonder en het ‘n skerper smaak as spinasie.

Kers55 ·

Hierdie is nie n quiche nie. Quiche hetn deeg kors. Hierdie is eiers in die oond.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.