Soorte resepte:

Annelien se kombuis: Tuna-tertjies

Tuna-tertjies (Foto: Verskaf)

Wanneer gaste aandui dat hulle ’n spesiale dieet volg, is dit tyd om resepte aan te pas sodat almal heerlik kan kuier. Dit is waaroor gasvryheid vir my gaan: daardie ekstra myl om jou gas se kuier en koservaring onvergeetlik te maak.

Met hierdie resep kan jy besluit of die tertjie korsloos moet wees of met ʼn kors. Die kors is effens aan die duur kant weens die feit dat amandelmeel gebruik word.

Annelien Pienaar is ‘n voedselwetenskaplike en skrywer van die bekende resepteboek en blog Boerekos met ʼn twist.

Lewer 24 kolwyntjie-grootte tertjies

Kors

  • ½ k amandelmeel
  • ½ k gerasperde cheddarkaas
  • ½ k rysmeel

Vulsel

  • 1 blikkie tuna, dreineer
  • 150 g ham, fyn gesnipper
  • 1 groot ui, fyn gekap
  • 1 e olyfolie of sonneblomolie
  • ½ t vars knoffel, fyngekap
  • ½ k room
  • ½ k melk
  • 3 eiers
  • 5 e koekmeel of rysmeel
  • 1 k cheddarkaas, gerasper
  • 2 e oreganum
  • peper na smaak

Moenie ekstra sout byvoeg nie, want die tuna en kaas is reeds sout genoeg.

Metode

Kors

  1. Plaas bestanddele in voedselverwerker en draai die lem totdat die mengsel soos broodkrummels lyk.
  2. Druk dan in 2 gesmeerde kolwyntjiepanne se basisse vas. Hou eenkant.

Vulsel

  1. Braai die ui liggies in olyfolie tot glansend. Laat afkoel.
  2. Meng die meel, eiers, room saam tot glad. Voeg dan al die bestanddele bymekaar en verdeel in 24 eweredige porsies in die kolwyntjiepanne.
  3. Bak by 180 °C vir 25-30 minute.

Besoek Annelien Pienaar se webtuiste en Facebook-blad. Vul jou besonderhede hier in om die resep in PDF-formaat te ontvang.

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ellie ·

Klink heerlik. Dankie vir die resep. Kan ek die amandelmeel vervang met gewone koekmeel?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.