Soorte resepte:

Resep: Biltong-en-feta-frittata

Biltong-en-feta-frittata (Foto: Lapa-uitgewers)

Dié gereg is lekker vir enige tyd van die dag.
Lewer 4 porsies

Bestanddele

  • 10 ml botter of margarien
  • 1 klein ui, geskil en fyngekap
  • ½ klein groen soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
  • 4 groot eiers
  • 30 ml laevetmelk
  • 50 g biltong, in baie dun skyfies gesny
  • 50 g fetakaas, gekrummel
  • gekapte vars pietersielie, na smaak

Metode

  1. Smelt die botter of margarien in ’n middelslag-braaipan en roerbraai die ui en soetrissie totdat die ui deurskynend is.
  2. Klits die eiers en melk tot net gemeng en giet dit oor. Vou die kante van die eiermengsel stadig met ’n spaan na die middel totdat die mengsel begin stol en strooi dan die biltong, fetakaas en gekapte pietersielie bo-oor.
  3. Plaas die frittata vir ’n paar minute onder die roosterelement van die oond totdat dit verbruin en gestol is. Andersins kan jy die pan van die hitte verwyder en die frittata vir ’n paar minute bedek met ’n deksel of aluminiumfoelie totdat die bokant gestol is.

Bron: Lekker & vinnig: Biltonggeregte. Uit: Min moeite deur Hilda Lategan

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Wilma ·

Dankie vir die lekker resep. Ek sal bietjie hierdie variasie probeer. Saterdae is gewoonlik frittata vir ontbyt van vorige aand se oorskiet braaivleis

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.