Soorte resepte:

Resep: Boerewors-pasteiwiele

Boerewors-pasteiwiele. (Foto: Lapa Uitgewers)

Hierdie southappie is perfek vir wanneer gaste aan die deur kom klop.

Bestanddele

  • boerewors
  • skilferdeeg

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Braai die wors in ʼn pan tot gaar, verwyder dit en hou eenkant om af te koel.
  3. Rol die deeg uit en sny dit in repe wat breed genoeg is om om die wors te vou.
  4. Sny die wors in duimgrootte-lengtes en vou die deeg om die stukke.
  5. Bind die punte met ʼn bietjie eiergeel en bak in die oond tot goudbruin.

Bron: Sjef Snoekie laat die potte sing
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.